Ontdek waarom Ons Aanlyn Verhandelaars ‘Raving Fans’ Is!

Persoonlike Mentorskap

Maak nie saak waar jy jouself bevind nie. Solank jy betroubare internet konneksie het of ons op Kampus besoek, help ons Aanlyn Verhandelings Spesialiste jou strategië ontwikkel wat jou doelwitte, risiko profiel en unieke verhandelstyl pas.

Verhandelingsseine & Analises

Verhandelingsseine en analises met meer as 70% sukses. Gemiddelde maandelikse groei van 72% met slegs 1% kapitale risiko.

Kennis

Smart Online Trader LMS bied 14 Modules, Lesse, Vasvrae & Sertifiseering met toepaslike hulpbronne wat insluit eBook Biblioteek, Verhandelings Sakrekenaars, Trade Journal en veel meer.

Social Trading

Is beperlte tyd 'n faktor? Ervaar die mengsel van sosiale interaksie en leer met "Social Trading". Volg top aanlyn verhandelaars, herhaal hul strategieë en kry insigte, ideaal vir beide nuwe en ervare handelaars.

Voltooi jou besonderhede en ons sal jou kontak

"*" indicates required fields

Met Wie Praat Ons*
ePos*
Area*
Wat is die mees geleë tyd om te skakel?*

Die Oplossing Vir Jou Aanlyn Verhandelings Pyne

Ons weet die wêreld van aanlyn verhandeling kan baie uitdagings bied. Ons fokus op die belangrikste pynpunte wat aanlyn verhandelaars terughou:

Markverwarring?

Maak komplekse tendense eenvoudig.

Risikobestuur Probleme?

Leer beproefde strategieë om jou risiko te bestuur.

Selfvertroue Kwessies?

Ons ondersteunings gemeenskap sal jou aanlyn verhandelings selfvertroue versterk.

Gereed Om Jou Aanlyn Verhandelsreis Te Transformeer?

Jy het reeds 'n goeie begin gemaak deur ons te besoek.

Neem NOU die volgende stap!

Dankie dat jy Diversit-e Smart Trade College oorweeg. Jou suksesverhaal begin hier, en ons kan nie wag om deel daarvan te wees nie.

Alles Wat ‘n Suksesvolle Aanlyn Verhandelaar
Benodig, Op Een Plek

Wat Ons ‘Raving Fans’ Sê

Gereelde Vrae

Wanneer jy besluit om te leer hoe om aanlyn verhandeling te dryf, gee dit jou die geleentheid om welvaart te skep en op te bou om jou hoofstroominkomste aan te vul. Daar is geen onderwysbeperkings op aanlyn verhandel nie; sodra jy die kennis en vaardighede geleer het deur ‘n omvattende aanlyn verhandelskursus, kan jy begin handel dryf.

Enigeen kan aanlyn verhandel, maar nie almal sal noodwending suksesvolle resultate ervaar nie. Dit neem tyd om die strategiese benadering en dissipline te verkry wat nodig is om met sorg en omsigtigheid aanlyn te verhandel. Dit is nie moeilik om aanlyn te verhandel nie, maar jy kan skouspelagtig misluk en baie geld verloor as jy nie weet wat jy doen nie en nie nodige risiko bestuur toepas nie. Dit is belangrik dat jy in jou  kwaliteit opleiding en leiding belê om te verseker dat jy jou finansiële doelwit bereik

Buigbare ure:
Die finansiële markte is oop 24 uur per dag, vyf dae per week; jy kan enige tyd van die dag en nag aanlyn verhandel. Dit beteken dat jy tyd kan vind om aanlyn te verhandel sonder dat dit jou werk of gesinslewe beïnvloed.

Verkry onafhanklikheid:
Aanlyn verhandel is iets wat jy vir jouself en deur jouself doen. Dit is nie afhanklik van werkskollegas of sakevennote of hul bevoegdheid en belangstelling nie. Hoe meer gemotiveerd jy is om die kennis te verkry en gedissiplineerd jy is, hoe meer suksesvol sal jy wees. Met finansiële sukses kom finansiële sekerheid.

Gesindheid:
Een van die beste vaardighede om te verwerf is ‘n verhandelsingesteldheid. Dit sluit in die beheer van jou emosies en om kalm te bly en wanneer jy in wisselvallige toestande verhandel of verhandlings nie uitwerk soos verwag nie. Dit is ‘n lewensvaardigheid wat vereis word om suksesvol te wees.

Plaas mislukking in perspektief:
Aanlyn verhandeling kom met winste en ook mislukkings. Een dag verdien jy wins en die volgende dag kan jy dit verloor. Die “geheim” met suksesvolle aanlyn verhandeling, is om die harde-klop-lesse te leer en dit te gebruik om jou vaardighede te ontwikkel. Ingeligte aanlyn verhandelaars weet wanneer om te hou en nie emosioneel te reageer nie. Hul doen behoorlike navorsing en raadpleeg Kundiges of Finansiële Adviseurs voordat ‘n verhandeling uitgevoer word. Moet nooit verhandel met geld wat jy nie kan bekostig om te verloor nie.

Verbeter jou dissipline:
‘n Gedissiplineerde roetine en verhandelsstruktuur insluitend risiko bestuur, is die sleutel tot suksesvolle aanlyn verhandelings. Jy sal waarskynlik nie ‘n sukses wees as jy handel soos ‘n vakansie- of naweekwerk benader nie. Stel ‘n behoorlike roetine op; nie net om jou verhandels plasings te monitor nie, maar ook om navorsing en ontleding te doen.

Struktureer jou dag om tyd te maak om die daaglikse besigheidsnuus en maatskappyverslae te lees en handelskaarte te ontleed. As dit so maklik was om aanlyn te verhandel, sou almal dit gedoen het. Dissipline, struktuur en roetine is wat ernstige aanlyn verhandelaars skei van diegene wat aan die kant van die speelveld vroetel.

Verkry die kennis van gereguleerde Spesialiste:

Ons kursus module dek vanaf “kot tot graf”  en sluit in vasvrae om jou kennis en insig te toets waarna suksesvolle vlotooiiing jou beloon met ‘n sertifikaat. Die lesse in elke modulle dek forex, kommoditeite, indekse, CFDs & Bitcoin.

Jy leer teen ‘n pas wat jou pas. Die minimum kursus persiode is 12-maande. Omrede die finansiële markte gereeld verander en daar talle faktore is wat die markte beinvloed, word die lesse en modules gereeld opdatteer en bygevoeg. 

Die kursus modules word deur ons Smart Online Trader LMS (Learning Management System) aangebied. Vir persoonlike mentoring word ‘n afspraak met ‘n Mentor geskeduleer wat of by ons kampus in Centurion, Gauteng of aanlyn geskeduleer kan word.

Elke Student en Aanlyn Verhandelaar se doelwitte, beskikbare tyd en finansiële situasie verskil. Dit belegging in of die kursus of persoonlike mentoring verskil van persoon tot persoon. Die minimum maandelikse subskripsie begin by R 999 per maand.