We value your privacy
We use cookies to enhance your browsing experience, serve personalized ads or content, and analyze our traffic. By clicking "Accept All", you consent to our use of cookies.
We use cookies to help you navigate efficiently and perform certain functions. You will find detailed information about all cookies under each consent category below.
The cookies that are categorized as "Necessary" are stored on your browser as they are essential for enabling the basic functionalities of the site. ...
Necessary cookies are required to enable the basic features of this site, such as providing secure log-in or adjusting your consent preferences. These cookies do not store any personally identifiable data.
No cookies to display.
Functional cookies help perform certain functionalities like sharing the content of the website on social media platforms, collecting feedback, and other third-party features.
No cookies to display.
Analytical cookies are used to understand how visitors interact with the website. These cookies help provide information on metrics such as the number of visitors, bounce rate, traffic source, etc.
No cookies to display.
Performance cookies are used to understand and analyze the key performance indexes of the website which helps in delivering a better user experience for the visitors.
No cookies to display.
Advertisement cookies are used to provide visitors with customized advertisements based on the pages you visited previously and to analyze the effectiveness of the ad campaigns.
No cookies to display.
Maak nie saak waar jy jouself bevind nie. Solank jy betroubare internet konneksie het of ons op Kampus besoek, help ons Aanlyn Verhandelings Spesialiste jou strategië ontwikkel wat jou doelwitte, risiko profiel en unieke verhandelstyl pas.
Verhandelingsseine en analises met meer as 70% sukses. Gemiddelde maandelikse groei van 72% met slegs 1% kapitale risiko.
Smart Online Trader LMS bied 14 Modules, Lesse, Vasvrae & Sertifiseering met toepaslike hulpbronne wat insluit eBook Biblioteek, Verhandelings Sakrekenaars, Trade Journal en veel meer.
Is beperlte tyd 'n faktor? Ervaar die mengsel van sosiale interaksie en leer met "Social Trading". Volg top aanlyn verhandelaars, herhaal hul strategieë en kry insigte, ideaal vir beide nuwe en ervare handelaars.
"*" indicates required fields
Ons weet die wêreld van aanlyn verhandeling kan baie uitdagings bied. Ons fokus op die belangrikste pynpunte wat aanlyn verhandelaars terughou:
Maak komplekse tendense eenvoudig.
Leer beproefde strategieë om jou risiko te bestuur.
Ons ondersteunings gemeenskap sal jou aanlyn verhandelings selfvertroue versterk.
Dankie dat jy Diversit-e Smart Trade College oorweeg. Jou suksesverhaal begin hier, en ons kan nie wag om deel daarvan te wees nie.
Wanneer jy besluit om te leer hoe om aanlyn verhandeling te dryf, gee dit jou die geleentheid om welvaart te skep en op te bou om jou hoofstroominkomste aan te vul. Daar is geen onderwysbeperkings op aanlyn verhandel nie; sodra jy die kennis en vaardighede geleer het deur ‘n omvattende aanlyn verhandelskursus, kan jy begin handel dryf.
Enigeen kan aanlyn verhandel, maar nie almal sal noodwending suksesvolle resultate ervaar nie. Dit neem tyd om die strategiese benadering en dissipline te verkry wat nodig is om met sorg en omsigtigheid aanlyn te verhandel. Dit is nie moeilik om aanlyn te verhandel nie, maar jy kan skouspelagtig misluk en baie geld verloor as jy nie weet wat jy doen nie en nie nodige risiko bestuur toepas nie. Dit is belangrik dat jy in jou kwaliteit opleiding en leiding belê om te verseker dat jy jou finansiële doelwit bereik
Buigbare ure:
Die finansiële markte is oop 24 uur per dag, vyf dae per week; jy kan enige tyd van die dag en nag aanlyn verhandel. Dit beteken dat jy tyd kan vind om aanlyn te verhandel sonder dat dit jou werk of gesinslewe beïnvloed.
Verkry onafhanklikheid:
Aanlyn verhandel is iets wat jy vir jouself en deur jouself doen. Dit is nie afhanklik van werkskollegas of sakevennote of hul bevoegdheid en belangstelling nie. Hoe meer gemotiveerd jy is om die kennis te verkry en gedissiplineerd jy is, hoe meer suksesvol sal jy wees. Met finansiële sukses kom finansiële sekerheid.
Gesindheid:
Een van die beste vaardighede om te verwerf is ‘n verhandelsingesteldheid. Dit sluit in die beheer van jou emosies en om kalm te bly en wanneer jy in wisselvallige toestande verhandel of verhandlings nie uitwerk soos verwag nie. Dit is ‘n lewensvaardigheid wat vereis word om suksesvol te wees.
Plaas mislukking in perspektief:
Aanlyn verhandeling kom met winste en ook mislukkings. Een dag verdien jy wins en die volgende dag kan jy dit verloor. Die “geheim” met suksesvolle aanlyn verhandeling, is om die harde-klop-lesse te leer en dit te gebruik om jou vaardighede te ontwikkel. Ingeligte aanlyn verhandelaars weet wanneer om te hou en nie emosioneel te reageer nie. Hul doen behoorlike navorsing en raadpleeg Kundiges of Finansiële Adviseurs voordat ‘n verhandeling uitgevoer word. Moet nooit verhandel met geld wat jy nie kan bekostig om te verloor nie.
Verbeter jou dissipline:
‘n Gedissiplineerde roetine en verhandelsstruktuur insluitend risiko bestuur, is die sleutel tot suksesvolle aanlyn verhandelings. Jy sal waarskynlik nie ‘n sukses wees as jy handel soos ‘n vakansie- of naweekwerk benader nie. Stel ‘n behoorlike roetine op; nie net om jou verhandels plasings te monitor nie, maar ook om navorsing en ontleding te doen.
Struktureer jou dag om tyd te maak om die daaglikse besigheidsnuus en maatskappyverslae te lees en handelskaarte te ontleed. As dit so maklik was om aanlyn te verhandel, sou almal dit gedoen het. Dissipline, struktuur en roetine is wat ernstige aanlyn verhandelaars skei van diegene wat aan die kant van die speelveld vroetel.
Verkry die kennis van gereguleerde Spesialiste:
Ons kursus module dek vanaf “kot tot graf” en sluit in vasvrae om jou kennis en insig te toets waarna suksesvolle vlotooiiing jou beloon met ‘n sertifikaat. Die lesse in elke modulle dek forex, kommoditeite, indekse, CFDs & Bitcoin.
Jy leer teen ‘n pas wat jou pas. Die minimum kursus persiode is 12-maande. Omrede die finansiële markte gereeld verander en daar talle faktore is wat die markte beinvloed, word die lesse en modules gereeld opdatteer en bygevoeg.
Die kursus modules word deur ons Smart Online Trader LMS (Learning Management System) aangebied. Vir persoonlike mentoring word ‘n afspraak met ‘n Mentor geskeduleer wat of by ons kampus in Centurion, Gauteng of aanlyn geskeduleer kan word.
Elke Student en Aanlyn Verhandelaar se doelwitte, beskikbare tyd en finansiële situasie verskil. Dit belegging in of die kursus of persoonlike mentoring verskil van persoon tot persoon. Die minimum maandelikse subskripsie begin by R 999 per maand.
© 2025 Diversit-e Smart Trade College (PTY) Ltd. All rights reserved.
Notifications