Home > Single Post

Elkeen Tel

Twee eenvoudige woorde met enorme betekenis.

As daar een ding is waarna Diversit-e Smart Trade College daagliks streef is dit om te verseker dat elke klient, ongeag waar hy of sy, hom of haarself, in ons wonderlike land bevind, moet weet: by Diversit-e Smart Trade College is hulle nie net ‘n nommer nie, hulle TEL, hulle maak saak en hulle het waarde. 

Wanneer ‘n klient vir ons JA se vir die geleentheid wat ons aan hulle bied word daar hoop in ons gevestig. Hoop is wat die wêreld nou meer as ooit nodig het gegewe die laaste jaar wat almal agter die blad het. Van ons kliënte is genoodsaak om vanaf die huis te werk weens inperking- asook as beskermingsmaatreël om hulle veilig te hou.

In ‘n studie is bevind dat van ons kliënte, sowel as potensiële kliënte nou meer tyd op hande het omdat hulle nie meer ure in die verkeer hoef te spandeer nie, meer produktief kan wees, tydbestuur kan toepas en op die einde van die dag meer tyd vir hulle self het om te fokus op ‘n tweede bron van inkomste. In vandag se tye, iets waarsonder ‘n mens nie meer kan klaarkom nie.

Ons poog elke dag om ‘n mate van stabiliteit by ons kliente te vestig, stabiliteit in ons produk, in ons personeel en in ons diens. By ons bestaan daar nie iets soos ‘n “groot” of ‘n “klein” kliënt nie, net mense wat ‘n besluit geneem het om in hulle self te belê en sodoende hulle kennis en hulle finansiële omstandighede te verbeter. 

Ons sien die inperking en maatreëls nie as negatief nie en het ons by Diversit-e Smart Trade College ook hier aangepas om aan ons kliënte se behoeftes te voldoen. Tegnologie het ons in staat gestel om steeds een-tot-een gesprekke en opleiding met ons kliënte te kan hê, vanuit die gemak van hulle eie huis of kantoor en sonder om hulle perseel te verlaat. Ons vind kliënte verkies ook hierdie manier van dienslewering omdat dit hulle ook tyd spaar deurdat hulle nie hoef te reis nie.

Ons stel belang in wat ons kliënte te sê het. Nie net gee dit ons die geleentheid om hulle voor- en afkeure te identifiseer nie, maar stel ons ook hulle opinies oor ons hoog op prys. Konstruktiewe terugvoer gee ons die geleentheid om ‘n produk daar te stel wat vir die gebruiker daarvan eenvoudig en maklik is om te verstaan. Vir die rede, en omdat dit ‘n behoefte van ons kliënte was, het ons hande saamgespan met ‘n gereguleerde aanlyn verhandelingsdiens wat ons kliënte bystaan, persoonlike aandag gee en daar is om die pad enduit saam met hulle te stap.

Ons is geseen met kliente wat nie skroom om hulle ervaring met ander te deel nie.

Verwys gerus na die beoordeling van ons dienste op HelloPeter.

Hierdie forum, met plus minus 1.4 miljoen intekenaars, nooi die publiek uit om om eerlike terugvoer rakende algehele kliëntediens te gee, die kwaliteit van produkte, ens. HelloPeter monitor en verifieer ook elke gebruiker / kliënt wat op hulle forum kommentaar plaas om te verseker dit is wel ‘n kliënt en nie net ‘n instansie wat vir hulle self komplimente los nie.

Vir ons is goeie en slegte terugvoer noodsaaklik om groei te verseker. Alhoewel ons poog om elke kliënt vir jare te kan behou is daar ongelukkig gevalle waar ‘n kliënt net nie kan aangaan nie (weens verskeie persoonlike redes). Ons streef om ‘n klagte met dieselfde mate van dringendheid te hanteer as ‘n kompliment want sonder terugvoer kan ons nie verbeter nie. Ons verwys met trots na die gevallestudie wat deur HelloPeter op hulle webtuise geplaas is oor hoe Diversit-e Smart Trade College die forum, wat baie Maatskappy as ‘n “klip in die skoen” sien, vir ons die geleentheid daar gestel het om ons en ons personeel te motiveer en om ons kliënte se stemme te laat hoor. 

Ongeag wat in die wêreld aangaan het ons net weereens besef dat indien jy nie vir jouself nuwe geleenthede skep, uit jou gemaksone kom, en jouself amper ongemaklik laat voel deur die dryf binne jou om te groei nie, die pandemie wel vir jou ‘n negatiewe ervaring sal word.

Ons is trots om te sê dat ons steeds uitmuntende terugvoer ontvang van ons gewaardeerde kliente en dit te danke aan ‘n span personeel wat elke dag gereed op hulle poste is met ‘n eenparige doel “Soek elke dag geleenthede om vandag iets te doen wat gister onmoontlik was. Hoekom? Want ELKEEN TEL!”

NOTICE & DISCLAIMER: Diversit-e Smart Trade College (Pty) Ltd, its Employees, Sales Executives, Resellers Agents, Affiliates (Partners) and/or Contractors are not registered financial services providers and are not licensed to give any financial- and or investment advice. Diversit-e Smart Trade College (Pty) Ltd, its Employees, Sales Executives, Resellers Agents, Affiliates (Partners) and/or Contractors do not manage any monies for investment purposes. Past performance does not guarantee future growth. Consult our preferred Stock Brokers and or a FSCA regulated Broker and or a Financial Advisor before making any investment decisions. Self-trading the capital markets and or stocks involves risk. Never trade with money you cannot afford to lose. Diversit-e Smart Trade College (Pty) Ltd, its Employees, Sales Executives, Resellers Agents, Affiliates (Partners) and/or Contractors cannot accept responsibility for any losses and or damages suffered in any way. All rights herein reserved.